
=====================================================================
Afrikaanse sektor moet in rat kom (AV 4:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Afrikaanse sektor moet in rat kom

VIR almal wat 'n oog het om veranderings waar te neem, moet dit duidelik wees dat Afrikaans op vele terreine drasties teruggedruk word in 
die nuwe Suid-Afrika.

Wat ongelukkig net so duidelik is, is dat die totale Afrikaanse gemeenskap tot dusver geen omvattende plan het om sy swakker wordende 
posisie te verbeter nie.

Dit is 'n bemoedigende teken dat die openbare debat in die media oor die noodsaaklikheid van optrede deur Afrikaanstaliges besig is om op 
te bou. Ook is daar voorbeelde van belangrike beplanningsgesprekke en berade wat gerel word soos die groot terreinverkenningsgesprek van 
30 November 1996 op Stellenbosch, die beoogde beplanningsberade van die Afrikanerkultuurforum en die FAK, en openbare vergaderings van 
TABEMA (die Taakgroep vir die Bemagtiging van Afrikaanse TV-kykers) in die suide en noorde van die land.

Maar 'n groot deel van die bre Afrikaanse gemeenskap het nog nie formeel of selfs informeel by Afrikaanse standpunt-inname betrokke geraak 
nie, eenvoudig omdat hulle nog nie die geleentheid daartoe gekry het nie.

Baie Afrikaanstaliges wat tot dusver nie hulle stem laat hoor het nie, is bitterlik daarteen gekant dat Afrikaans agtertoe gedruk word ten 
gunste van Engels ooreenkomstig die planne van sekere nuwe politieke besluitnemers en hulle handlangers.

Te oordeel na die groot energie en die belangstelling in positiewe optrede by die Afrikaanse gemeenskap kan 'n mens vorentoe die volgende 
stadia in die optrede-proses verwag. Dit is stadia wat soms gedeeltelik met mekaar oorvleuel of ook saam kan verloop:

Algemene bewuswording:

Die bre Afrikaanse gemeenskap is toenemend besig om agter te kom hoe Afrikaans prakties opsy geskuif raak in die skool, op universiteit, 
deur die openbare uitsaaier se TV-programme, by vergaderings en in die gemeenskapslewe.

Die Afrikaanse publiek is ook gaandeweg besig om agter te kom dat hy beslis nie van die agterstelling van Afrikaans hou nie.

Konsolidering van die Afrikaanse burgerlike gemeenskap:

Die Afrikaanse burgerlike gemeenskap is plek-plek besig om sy kragte en moontlikhede te ondersoek. Gemeenskapstrukture, taal- en 
kultuurorganisasies is besig om mekaar beter te leer ken. Hulle maak ook planne oor hoe om hande te vat teen die polities gemotiveerde 
agterstelling van Afrikaans en sy gebruikers.

Gesamentlike optrede:

Uit die kollektiewe wil, behoeftes en beste beplanning van die Afrikaanse gemeenskap in 'n demokratiese Suid-Afrika word al klaar gepraat 
van planne vir die verwerping van die agterstelling van Afrikaans. Positief gesien, is dit planne wat kan uitloop op die heropbou van die 
Afrikaanse gemeenskap en die ontginning van die latente energie van Afrikaanstaliges in die land. Dit is optrede di wat nie gemik is teen 
die ander inheemse tale nie, maar wat eerder die bou van bre na sulke gemeenskappe in gedagte het.

Omdat die Afrikaanse gemeenskap 'n belangrike faktor i.v.m. die stabiliteit en vooruitgang van die land is, behoort die Suid-Afrikaanse 
regering en almal met 'n sin vir redelikheid hierdie selfversorgingsbelangstelling van die Afrikaanstaliges te verwelkom.

'n Voorvereiste om van hierdie hele prentjie 'n werklikheid te maak, is dat die totale Afrikaanse gemeenskap behoorlik in rat kom. Dit kan 
geskied deur algemene bewuswording, konsolidering van kragte en gesamentlike optrede volgens 'n bre program van aksie binne 'n 
demokratiese verband. Hierin is die Stigting vir Afrikaans 'n belangrike bondgenoot.   Dr. Karel Prinsloo, uitvoerende direkteur, van die 
SvA.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av421.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 1997 /// Afrikaanse sektor moet in rat kom (AV 4:2) /// 'n 
Positiewe taaltoekoms (AV 4:2) /// Staan Afrikaans sy man oor die lug? (AV 4:2) /// SAG begin wins sien (AV 4:2) /// Tale word digterlik 
saamgebind (AV 4:2) /// Laat Afrikaans soos kakiebos woeker (AV 4:2) /// Afrikaans en 'n taalplan vir Suid-Afrika (AV 4:2) /// Keuses word 
nou vir en in Afrikaans gemaak (AV 4:2) /// Moedertaalonderrig is belangrik (AV 4:2) /// Staan nader -- daar's hoop! (AV 4:2) /// Hoekom 
stry? (AV 4:2) /// Zoo leert men ... Afrikaans (AV 4:2) ///

